PLAASLIKE GEMEENSKAPS-VOEDSELTUINPROJEK BREI UIT |
Septemeber 2025.
Wat begin het as ‘n klein inisiatief om voedselonsekerheid tydens die Covid-19-pandemie aan te spreek, het vandag gegroei tot ‘n suksesvolle gemeenskapsgedrewe program wat skole en gesinne bemagtig met die vaardighede om hul eie vars, voedsame produkte te kweek. Die Perdekraal-Oos-windkragaanleg se Voedseltuinprojek het uitgebrei van slegs 20 tuine met die aanvang tot meer as 90 groeiende voedseltuine oor vier gemeenskappe in die Witzenberg-gebied, wat honderde gesinne voed.
Ceres Sekondêre Skool, een van die begunstigdes van hierdie program, het sy voedseltuin in die skool se landboukurrikulum geïntegreer, wat leerders waardevolle praktiese ervaring bied. Die groente wat geoes word, word gebruik in daaglikse maaltye wat vir die skool se voedingsskema sowel as die koshuis voorberei word. Enige surplusprodukte word by plaaslike supermarkte verkoop, wat ‘n klein maar betekenisvolle inkomstestroom vir die skool skep.
“Deur die voedseltuin het ons leerders praktiese landboukennis opgedoen, nuwe vaardighede ontwikkel en hul kennis van saailinge, diere en plantgroeiseisoene verdiep. Nie net het grondbewerking en plantversorging verbeter nie, maar die gemeenskap trek ook voordeel aangesien die groente aan voedselskemas en koshuise geskenk word,” het mnr. G. Pharo, ‘n skoolonderwyser by Ceres Sekondêre Skool, gesê.
Hierdie jaarlikse program hou aan om ‘n positiewe impak te maak deur te help om huishoudelike kruideniersware-uitgawes te verminder en vaardighede te verskaf om hul eie vars, voedsame produkte te kweek. Met stygende voedselpryse en beperkte toegang tot gesonde voedselopsies, het hierdie tuine ‘n lewenslyn geword vir baie huishoudings, sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (VKO) en gemeenskapsfasiliteite.
“Soos hierdie projek jaar na jaar groei, kweek ons nie net tuine nie, maar ook, selfstandigheid en sterker, gesonder gemeenskappe,” het Gwynne-Lee Borcherds, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Perdekraal Oos-windkragaanleg, gesê.
Die Voedseltuinprojek word deur begunstigdes self onderhou, met professionele opleiding en voortgesette ondersteuning van Ikamvaletu Tunnel Farming, ‘n plaaslike landbou-onderneming en implementeerders van die program. Met die skenking van ‘n verskeidenheid groentesaailinge en sade ondersteun die windplaas 50 tuine, terwyl Ikamvaletu tot 43 bydra. Benewens voedselproduksie bied die tuine ook terapeutiese voordele, wat individue en gesinne ‘n gevoel van doelgerigtheid, welstand en omgewingsverantwoordelikheid bied.